begrond

Daar is altyd hoop, selfs in die donkerste tye

Kyk die film

Dankie vir jou belangstelling in die Begrond-fliek.

Vul jou besonderhede hier in om die skakel te ontvang.

RSVP
B&V

Begrond: Die film

Om uit die stof uit op te staan, moed te hou wanneer dit lyk asof daar geen uitkoms is nie, en aan te hou veg totdat ’n uitweg gevind word. 

Die film Begrond is ’n aangrypende Anglo-Boereoorlogstorie wat oor die bou van ’n nuwe toekoms gaan. Dit vertel die verhaal van hoop, juis wanneer daar geen rede vir hoop is nie. Hoop maak van ons wie ons is, want daar is altyd hoop – selfs in die oënskynlike donkerste tye.

’n Kykie agter die skerms

KYK HIER! Ons gesels met die twee mense wat die Begrond-film moontlik gemaak het. Hou jy moed wanneer dit lyk asof daar geen toekoms is nie? Waar kom jou wil om voort te gaan vandaan?

Dr. Dirk Hermann, skrywer van die boek, Begrond, en Elrich Yssel, regisseur en draaiboek-skrywer van die Begrond-film, vertel vir ons hoe hulle te werk gegaan het om die karakters en die verhale van hoop in die boek lewe op die skerm te gee.

Ons gesels oor stories wat die verhale in die boek geïnspireer het, die verfilmingsproses en staaltjies wat deel van hierdie besonderse film vorm. Sit terug en geniet ’n kykie agter die skerms van Begrond.

Begrond-akteurs

Carla
Smith

Katryn

Natania
van Heerden

Anna

Lida
Botha

Ouma Hester

Hanno
Hattingh

Klein Faan

David
Konrad

Martiens

Luan
Jacobs

Karel

Ruanco
Ueckermann

Pietertjie

Leandry
Smit

Saartjie

Leon van Nierop gesels met die regisseur

Leon van Nierop, bekende rolprentresensent en filmkundige, het die kort rolprentweergawe van Dirk Hermann se kortverhaal, Begrond, gekyk en die volgende vrae aan die jong regisseur, Elrich Yssel, gestel. Eerstens wou hy van Yssel weet hoe hy die verwerking van kortverhaal na rolprent aangepak het.

Koop die boek

’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.

Gebruik die kode “begrond” en kry R40 afslag.

Vrae en Antwoorde

Dr. Dirk Hermann

Skrywer van die
boek Begrond

Bettie Kemp

Vervaardiger van die
Begrond-radiodrama

Elrich Yssel

Regisseur en draaiboek-
skrywer van die fliek Begrond